Einde van ‘n era!!

Week 7

Tyd om te groet!

Dit is my laaste week by die skool. Saterdag se rugby het gekom en gegaan, ek is van 7 vm af deur DP gebel, en moes die hele tyd kinders bel om seker te maak hulle is betyds, dit maak my gedaan! My span is lusteloos, die wind storm sterkte en die skeidsregter het nie ‘n idée van wat aangaan op die veld nie, daar is geen voordeel nie, en die wedstryd sukkel om aan die gang te kom, en ons verloor uiteindelik met 5-25! Daar is ‘n onthaal na die tyd, al DP se onderwysers is daar, en net ek van my skool! Die hoof wens my geluk met my nuwe aanstelling en praat baie positief oor ons verhouding!

Laaste week

Die hoof sien my en wil net weet waar my geld is en ek moet voor die Sgb verskyn en hulle vertel van die geld en dit heel moontlik oorhandig! Ek sê vir haar date k wel gaan, maar nog by die rugby betrokke gaan bly tot die einde van die jaar of langer as al ons nuwe borgskappe deurkom. Spur wil nie hê ek moet gaan nie! Die regering wil graag hê ek moet bly, en ek laat weet hulle, keer ons besigheidsplanne goed en druk die borge om ons te ondersteun! Die hoof sit my op toesig by die gr. 12’s, “om te help!”. Ek sê vir haar ek moet my syllabus klaar maak met die ander klasse en al my punte inkry, maar dit skeel haar min, hier is chaos in die skool, die gr. 8 & 9’s sit net rond, daar is groot sokker wedstryde, en stoele word uit die klasse gedra en almal sit en kyk, ek kry nimand in die klasse in nie. Ons oefen ons rugby en maak reg vir Saterdag se wedstryd, daar is ‘n moontlikheid dat ons aan die Cape schools week deel neem aan die einde van Junie.

Dinsdag-die hoof roep almal (so 12 van ons) na die biblioteek vroeg oggend en sy kondig aan dat ek weggaan! Van die onderwysers is ontsteld en ander kom na my en sê hulle wens hulle was ek, hulle wil ook weg hier!

Vrydag

Ek dra die laaste van my trek hier uit, en die mense besef dat ek regtig weggaan! Terwyl ek my laaste goed laai, breek ‘n geveg uit tussen twee meisies, die hele skool hardloop soontoe, die meisie met die langbroek en ‘n ander een is in ‘n woeste geveg gewikkel, en uiteindelik kom daar ‘n juffrou wat die stop sit! Ettienne lag, en sê vir my, “Jy gaan dit mis daar by jou nuwe skool!”. Ek sit by Ettienne pouse, en hy vertel van ‘n ou hoof (Qengwa) van ons, hy sê hy en Gail sit en krieket kyk terwyyl hulle in die klas moet wees, Qengwa kom by hulle kantoortjie, en vra, “Shouldn’t you be in class?”, “No”, sê Ettienne, en Qengwa lag net en gaan sit by hulle en krieket kyk, Suid-Afrika teen Indië, en hy vra, “Why aren’t there any Moodleys or Naidoo’s in the Indian team, or have all of them come to South Africa the previous century?”, Ettienne het te lekker gelag!

Dit is amper 1 uur, en ek gaan groet die hoof, “Oh!”, sê sy, “I forgot that you are leaving today!”, en sy groet my, van die ander onderwysers waarvoor ek skool gehou het in die 70’s en 80’s se oë is vol trane, en hulle druk my. Ek gee die hoof al die sleutels en loop, ek ry uit diie skool as ‘n onderwyser vir die laaste keer, as ek nou weer terug kom is ek ‘n besoeker!

Maandag

‘n Nuwe ondervinding

Ek ry al tien voor 7 na my nuwe skool toe, ek weet nie hoe die verkeer in die nuwe rigting gaan wees nie! Alles verloop vlot en ek kom sommer al 7:10 die skool! Alles is vreemd, nuwe kollegas en nuwe kinders! Alles verloop ordelik en is baie goed georganiseerd, ‘n skok vir my sisteem! Die kinders gebruik “tablette” in die klas, ‘n vreemde ervaring, ek moet ook een kry en daarmee klas gee, wat ‘n aanpassing, en ek vra of ek nie ‘n handboek kan kry nie, en ‘n juffrou bestel een vir my! Die mense is baie vriendelik en hulpvaardig en ek voel vinnig tuis! Daar is baie nuwe dinge om te leer en die hoof fasseer my stadig in!

Dinsdag

Ek ry 6:55 en kom so 7:25 by die skool aan, lekker betyds en nog meer dinge word geleer! Dinge bly maar vreemd en ek wonder of ek die regte besluit geneem het om hiernatoe te kom? My oud kollegas bly vir my boodskappe stuur, “Hoe gaan dit daar?”, en “Verlang jy nie terug nie..?”, die kinders wil weet wanneer ek terugkom!

Woensdag

Ek ry 7 vm en kom so 7:25 by die skool en voel meer op my gemak! Ek doen toesig en geniet dit! Later die dag ry ek Itembelihle toe om die kinders aft e rig! Hulle is baie bly om my te sien en vra waar die broodrolle is wat ek altyd bring, hulle is honger! Van hulle wil weet wanneer ek gaan terugkom en dreig om die hoof by die hek uit te jaag! Hulle sê van die onderwysers wil ook ‘n staking uitroep! Ek kry ‘n onderwyseres, sy wil ook Linkside toe kom, “Please..!”, vra sy, “I want to get out of this place!”.

Res

Ek raak al meer tuis, en begin die nuwe skool te geniet. Die hoof gee vir my my eie ?tablet” en die jong sekretaresse wys my hoe die ding werk! Ek begin werk aan borge vir die skool se rugby,dit gaan taai wees, maar ek weet hoe om te veg!

Advertisements

Tyd om te trek!

Ek het laas week my aanvaardings brief vir my nuwe pos by Hoërskool Linkside gaan teken! Wat ‘n klomp fantastiese, ondersteunende mense is daar en ek sien uit na ‘n nuwe uitdaging daar!

Hoe was my week hier, niemand sal verstaan nie! Laas week al stuur OP (Kings) vir my ‘n e-pos, hulle gaan my kinders se id’s kom nagaan en kyk of hulle by ons op skool is, (eintlik ‘n vernedering!) In elk geval, Ndzondelelo se hoof, Dan, (ek het geen tyd vir die skelm nie!) daag by ons op en laat roep my, toe ek hom sien styg my bloeddruk sommer, “How are you?”, vra hy, en ek antwoord, “bad!”, en skud nie eens sy hand nie, ek draai om en loop, wat ons ookal hier gaan bespreek, gaan in elk geval nie toegepas word nie. Ek hoor later by die onderwysers wat met homvergader het hoe hy my prober sleg maak het, maar hulle het hom gou op sy plek gesit!So daag OP Dinsdag by my op, my bestuurder is nie daar nie en ek moet saam met hulle al die id’s deurgaan, die een ou, Yamile, het baie vra en beskuldiginge, tog is hy ook ‘n ou wat oor ouderdom manne in sy span sit. Hy vra hoekom ek jong spelers in my span het, en een van die ander OP verteenwoordigers kap hom, “Jy sal nie verstaan nie, want jy het nooit jong spelers in jou span nie!” So gaan ons aan, die volgende oomblik sê hy, “And the chairman of Ep High schools, Mr. October says that you may only use players from your school for the Fnb classic clash, and he will write a letter to the schools concerning it!”, ek sê onmiddellik dat hy die bewyse vanaf Fnb vir my moet stuur waar hulle sê dat ons net spelers van ons eie skool mag gebruik. Die reels in skole rugby is, as jou skool nie in die liga speel nie, mag jy vir ‘n skool gaan speel wat wel in dit speel! Virdie laaste 10 jaar speel ons so, bhoekom dit nou verander, omdat jou familie die ander span afrig! Ek weier om dit te aanvaar, en Yamile sê hy sal met die ander skool daaroor gesels. Hy sit sy foon op, “speaker phone”, en ek en October praat, en ek vertel hom mooi wat ek dink!Yamile bel my later en sê ons kan ander kinders gebruik, want Ndzondelelo het omtrent 8 in hulle span!

Dinsdag

Fnb se tv span is vroeg by my, daar is onderhoude en hulle verfilm die skool. Hulle neem ons oefening vir die dag op, beginnende 3 uur en ons maak 4:45 klaar! Ons is reg vir die wedstryd.

Woensdag

Megapro bel vroeg, terwyl ek by ‘n winkelsentrum so 2 km’s van die skool af is om nuwe slotte vir my stoorkamers te koop, hulle bel my en ek bel my vrou, maar sy antwoord nie haar foon nie.Uit desperaatheid ry ek maar huis toe om self die goed te ontvang, ek bel vir oulaas weer, en my vrou antwoord, sy is om die draai van die huis en ek kan omdraai!Die nuwe “tops” van Megapro is op pad en word by my huis afgelewer, maar 7 is uitstaande, hulle sal probeer om dit by my more te kry.Ek moet weer dorp toe ry, die “angle grinder” het ‘n lem of wat ook al nodig , en ek moet die gaan koop vir die slotte!Ons oefen weer vandag, en ek maak “vroeg” klaar, 3:50 en gaan na Makro waar ek Chino’s bestel het vir die spelers, maar daar gekom, het hulle net 9, die ander kom nog, en ek sê hulle moet maar eerder los!

Donderdag-My laaste Fnb Classic Clash!

Op dreig om id’s te kom kyk, en ek het gaan probleem nie! Ek vat ‘n afskrif van ‘n id van ‘n speler van Kwazakele High, maar die hoof weier om dit te sertifiseer! Ek moet ook die ma van die o/16 seun kry om sy Boksmart vorm te teken. So ek ry na almal toe, Kwazakele is ver, daar gekom, loop ek sommer die kantoor binne en vra die hoof om my gou te help, ek hoor net, “umlungu”, een van my oud leerlinge van so 20 jaar terug het my herken, en ek word omhels. Die hoof is gaaf en sertifiseer die kind se id! ‘n Speler van my wat in St.Thomas Hoërskool is, (Noordelike areas) laat weet my dat ek soontoe moet kom . Ek soek die hoof,maar hy is nie daar nie, ek kry die adjunk en hy verwys my na die rugby afrigter. Ek verwag dat die mense bly sal wees dat een van hulle leerlinge in so ‘n groot wedstryd speel, maar kry net die teenoorgestelde reaksie. Die ou val my aan, hoe kan ek sy spelers gebruik sonder sy toestemming, maar daar gebeur dan niks by sy skool nie, hulle speel nie eens in die liga nie, hy sê hy gaan nie die ding daar los nie! Ek vra hom of hy dan nie geweet het dat die ou vir my speel nie, indien so, hoekom nou ‘n bohaai daaroor opskop? Ons kry nie die speler in die hande nie, en die afrigter sê hy sal met hom afreken! Hiervandaan ry ek na Footballer toe in Newton Park en gaan koop vir hom, “shoulder pads”, ek kry afslag, want ek en die eienaar is goeie vriende! Terug skool toe, ek bel die bus maatskappy, om seker te maak hulle gaan betyds wees, hulle sit my deur na hulle kantore naby my, maar niemand antwoord nie, en dit kos my om later self na hulle te ry om te vra wat aangaan! Daar gekom , sien ek die ou, en hy sê, “O, sorry, I did not see that my phone was off!”. Terwyl ek daar is reel ek sommer Saterdag se bus ook! Terug by die skool het Fnb se klere opgedaag, die kinders sien dit en almal wil net hê, hulle is irriterend en volg my oral heen, “Can we have t-shirts, please!”, vra hulle, die onderwysers ook, en ek jaag almal weg.Die  speler by Kwazakele High laat my weet ek moet hom kom haal. Die speler in St.Thomas, (noordelike areas) vra my ook om hom te kom haal, so ek ry na hom en daarna Kwazakele toe om die ou te kry en toe rugby toe! Daar gekom is daar ‘n groot skare teenwoordig! Onmiddellik is daar weer moeilik, ‘n onderwyser van Thamsanqa,(dieselfde bliksem wat my by die Mali toernooi aangegee het en laaste gekom het). Wat is die mense se probleem, dink ek? Die kind kry die geleentheid van sy lewe en die onderwyser wil moeilikheid maak, sy skool speel nie eens in enige liga nie! “The boy must have our permission to play for you!’, sê hy, hoekom nou, hy speel al van verlede jaar af vir my? Die mense wil dinge net moeilik maak vir my, ek het genoeg gehad! My kar is vol gelaai, klere, waterbottels, balle, kos ens. en ek moet twee spelers saam met my ry! Ek het ‘n kombi nodig, maar al wat ek kry is beloftes.

Ons is in die kleedkamers in, ‘n sterk geur van dagga hang in die lug, ek vra die sekuriteit wat aangaan,maar hulle haal net hulle skouers op! In die kleedkamers is 25 spelers, ‘n ekstra een het ingekom en hy trek ook jou waaragtig waar aan! Ek vererg my en jag hom uit! OP en Saru beamptes kom my kleedkamer binne, ons moet vergader en na al die id’s kyk, ek roep Monica, my bestuurder, en laat haar dit doen. Ek gaan uit om na die veld te kyk, en een beampte sê vir my date k agter die draad sal moet staan! Ek sê vir home k kan dit nie doen nie, en besluit om later in te gaan! Nog Saru beamptes daag op en kom stel hulle self aan my voor, “Is my id”s nagegaan?” Ek sê vir hulle om met die OP beamptes te gaan praat, hoe werk die mense! Die wedstryd begin uiteindelik, ons verloor die “toss’, maar kry tog wat ons wou hê, speel eerste teen die wind. Dit gaan moeilik, maar ons druk vining drie drieë teen een in die eerste helfte en druk nog vyf in die tweede helfte!

Ons slag ons opponent met 42-8, en hulle afrigters en hoof verdwyn soos mis voor die lokasie se oggend son! Die afrigter van Solomon Mahlangu se span staan langs die veld en sê, “But this is not the same team as the one that played against mine!”, “Nee” sê ek, daai span waarteen jy gespeel het was ook o/25 soos joune! Ek ry huis toe sonder om hulle funksie by te woon, en kom so 5:30 by die huis! Lekker moeg.Ek het genoeg gehad, niemand waardeer wat ek doen nie, die OP beamptes en onderwysers van ander skole prober dinge vir my so moeilik as moontlik maak! Rugby in die lokasie sal nooit regkom solank al die skelmgeid daar aangaan nie!

Vrydag

Ek stop voor die skool, die onderwysers is aan die sing en die hele skool is gelukkig, Ek lei sommer die oggend byeenkoms en hou daarna die beker in die lug vir hulle, die skool sing en juig, die gemeenskap is gelukkig, min weet hulle, ek het een week oor! More wag nog ‘n groot uitdaging, Daniël Pienaar, op hulle velde. Ons het hulle in 2002 verras en 29-27 geklop en in 2005 met 8-21 verloor toe hulle 14 manne in die OP skole en akademie span, en 4 in die Sa span gehad het met Dewald Potgieter as hulle kaptein! Ons het hulle laat klippe kou, ek hoop dit gaan more weer so wees? Toe ek weer sien, staan die netball juffrouens by my, hulle het geld nodig vir die netbal meisies, en ek moet maar weer ry en gaan trek! Ek ry later na Hoërskool Linkside toe om my aanstellingsbrief te gaan haal en dan vir ‘n slag vroeg huistoe!

Sonpanele en besluite!

Week 5

Maandag

Die hoof daag eers na 8 vm by die skool op. Later die dag sien ek baie kinders voor die kantoor rond staan.. Ek gaan kyk wat aangaan en sien dat die polisie daar is. Hulle het sowat 10 van ons leerlinge by die ou Caltex garage opgetel, besig om dagga te rook! Wat hier gebeur is komieklik, eers laat die sersant hulle oefeninge doen, want hulle moet eerder fiks wees as rook! Een van die poliesmanne (wit) skud net sy kop en sê hulle moet eerder gebliksem word, ek stem saam en sê hy moet hulle in die toekoms vir my bring, en dan padgee. Die sersant is klaar met die oefeninge en gee hulle ‘n lesing oor die gevare van dagga misbruik. Hulle kyk hom net met sulke bloedbelope oë aan !

Dinsdag

Ek gee klas vir die gr.8’s, ‘n kleintjie kom laat in en hou nie op praat nie, ek gaan gryp hom naderhand aan sy arm, maar kry die aaklige walm van dagga, ‘n paar vuishoue volg en hy laat spaander die klas uit! Ek gee sy tas vir Xaluva.

Woensdag-Disfunksionele skole en vergaderings

By oggend byeenkoms word ons ingelig dat daar om 11:30 ‘n Sadtu massa vergadering gaan wees, die hoof sê ons gaan Vrydag tye gebruik, want ons mag nie voor 2 nm toemaak nie! Helmut Klingenhoeffen daag by die skool op, hy help sy ou skool Sophakama, hulle het ‘n toerisme juffrou vanaf Thamsanqa Skool gekry, maar sy is nooit in die skool nie, toe bel iemand hom om te kom help! Die ou is op pensioen, en hy kom help uit die goedheid van sy hart. Die hoof was nie laas week by die skool nie, en weet nie van hom nie. Die hoof het weer gister sy verskyning gemaak, en was heel geskok om hom te sien! Die hoof gee Business Studies, maar sy werk van die eerste kwartaal is nog nie nagesien nie en hy is ver agter! Helmut sê dat hulle daai skool gaan sluit! Hier by ons gaan dit nie veel beter nie, absolute chaos. Toe ek by die personeelkamer se venster uitkyk om 11:20, sien ek Mhotwana al ver in die pad trek!

Donderdag-Sonpanele

Ek gaan pouse by die ander onderwysers sit. Kenny vertel ons van die hoof, (blykbaar ‘n swaargewig in die Anc) met baie mag, van ‘n nabygeleë disfunksionele skool.(die eiste Sophakama) Hy sit die heeldag buite, en draai “soos ‘n sonpaneel” agter die son aan. Die department het op ‘n dag die vakadviseurs na al die skole toe gestuur, (hulle is van ons af na hom toe). Daar gekom, vra hy hulle, “What do you want here?” hulle het probeer verduidelik, maar word weggejaag (en nou, 3 maande later het nog niks met hom gebeur nie!). Dieselfde hoof ,toe die Edo hom vra aan die einde van die jaar, hoekom sy uitslae so sleg is, vra hy hom, “and where were you this year?”. Nodeloos om te sê, die Edo kon hom nie antwoord nie! Hy vertel van ‘n ander hoof by Lwandlekazi skool,die sit heeldag buite en vis eet, (dis die een, as die Edo verby ry,dan waai hulle vir mekaar en groet net!) sy skool moes toe saamsmelt met Newell, en hy dink hy gaan die pos kry, maar tot sy spyt, word hy na ‘n kleiner skool gestuur, en ‘n onderwyser, van ‘n primêre skool, met die nodige unie kontakte raak prinsipaal in ‘n skool met meer as 1200 kinders, en ‘n hoë salaries kerf, hoe lank gaan hy hou? So gaan dit by die skole in die lokasie, die department bly weg,ons ou Edo het gaan pleit om uit die lokasie uit te kom, want hulle het hulle aan hom afgevee!

Eksamens

Ons word na ‘n klaskamer ontbied om oor gr. 8 & 9 se eksamens te praat wat volgende week begin. Ek wil weet wanneer dit besluit is en kom agter dat die hoof al van die begin van die jaar hiervan weet, maar ons net nie ingelig het nie.

Ek gaan later na die hoof en vertel haar dat sy op tv gaan wees volgende week, want M-net gaan ons wedstryd teen Ndzondelelo (Classic Clash) verfilm en dan later wys. Sy is tevrede, en praat toe oor gister, sy sê, “Do you know, learners from Newell high came here yesterday to do Bible study in school time, and I chased them away!” en sy lag te lekker daaroor!

Buite die kantoor kry ek vir Xaluva, hy vra my, “what are we going to do about these boys,(dagga rokers) it’s a disgrace that the police have to pick them up in the streets,in their school uniforms, and bring them here!” Ek antwoord hom, “If I was principal, I would have taken them into my office, give each one 6 of the best and chuck them out of the gate, never to come back again!” Dit het ek die laaste keer toe ek as hoof in 2007 waargeneem het met ‘n klomp dagga rokers gedoen, en die probleem was opgelos!

Vrydag-Rekenaars

Mollie vertel van haar Cat klas se antwoorde. Daar is “hard en soft capped internet”, sê sy. Die hard capped is wanneer jou bundel vir die maand klaar is, dan word jy summier afgesny, die “soft capped”, gee jou ‘n bietjie grasie en jy kan nog e-posse ontvang. Die kinders se antwoord in die toetse, “hard capped”, it’s what the miners wear en “soft capped”, what you wear to church!

Saterdag

Ekstaan alleen by die rugby,nie een van my onderwysers is daar nie en omtrent die hele personeel van Humansdorp Sekondêr is daar!

Alles begin weer laat en ons maak eers na 1 nm klaar! Dis ‘n lang dag en ek gaan uiteindelik huis toe!

Later die dag kry ek ‘n oproep van Linkside se hoof, ek moet besluit of ek na hom kom of nie? Ek moet Maandag teken en dan 1 Junie begin! Ek laat Ewan weet (die man nmet die besigheidsplan) hy kiln nie gelukkig nie, want hy spreek die parlementêre komitee oor sport, juis hieroor, toe Woensdag! Hu sal met die hoof praat en my Sondag laat weet! Ek is moeg vir die nonsense hier en wil eerder aangaan, ek sal maar wag en hoor!

‘n Matriek afskeid met ‘n verskil!

Week 4

Maandag

Daar is net so 8 onderwysers by oggend byeenkoms, en daar word weer lank gebid! Xaluva is by die hek, soos hy die hek sluit, gaan die kinders agter om die skool, en klim deur die gate daar en kom binne.Dinge is chaoties, op die grondvloer (10 klasse) is daar seker net een onderwyser in die klas! Ek hoor ek moet my rugby spelers vir die proewe 12 uur by Grey hê, dan hoor ek dat ek ook verantwoordelik is vir die ontwikkelings span om daar te gaan speel, om my spelers daar te kry, ses van hulle! Ek vat drie in my kar,daar gekom, is die hekke gesluit en ek moet om Grey ry. Ek kry vir Fenner (van Grey) daar, hy sê my spelers speel eers 3 nm (nou wat de hel moet ek so vroeg daar maak!) So speel die proewe af en maak ongeveer 5 nm klaar en ek kan huis toe gaan! Terwyl ek daar was kry ek ‘n verblydende oproep vanaf Ewan , Vodacom stel belang in ons besigheidsplan, ons kan dalk by Vrydag al weet of hulle dit gaan aanvaar, Coega gaan ons eers in Augustus kan help, want beurtkrag het hulle baie skade berokken! Ek kry nog ‘n e-pos, ek moet more middag om 5 nm in Walmer wees vir ‘n Mali toernooi opvolg vergadering, dis erg, want ek kom eers 5 nm by die huis van rugby af,wat dink die mense is ek?Ek laat hulle weet ek gaan dit nie maak nie!

Dinsdag

So 8 onderwysers by oggend byeenkoms. Xaluva praat, die onderwysers wat af is moet help om die kinders te beheer wat deur die gate in die heinings inkom. Kaya kla ook omdat ons nie meer die personeelkamer gebruik nie, daar is niks in nie! Sy kla oor die kinders wat die trappe gebruik wat net die onderwysers veronderstel is om te gebruik en vra vir ‘n beleid oor kinder s wat met hulle moter karre skool toe kom. Die hoof antwoord dat die nuwe Sgb daarna sal kyk! Latifa kom vertel my dat die skool nou internet het en dat ek dit kan gaan gebruik!

Woensdag

Ek loop na my kar (8 vm) en sien so 7 seuns om die draai by die werkswinkel gaan, ek volg hulle en ruik dagga, maar hulle hardloop weg, spring deur gate in die heinings, baie van hulle woon glad nie meer klas by nie! Een van hulle het later die dag ‘n ander een met ‘n mes gejaag! My kinders daag nie vir rugby oefening op nie, hulle wil glo geld hê om na oefeninge huis toe te gaan! So ‘n paar kom uiteindelik, hoofsaaklik van ander skole af en ons oefen tot so 4:30! Saterdag speel ons teen Alexander Road, vir die eerste maal in seker 10 jaar! By die huis gekom, wag my dogter en ons gaan draf! ‘n Ruk na ons teruggekom het is en\k in die garage en my dogter bring my foon vir my, dit is die Standard Bank mense van die Mali toernooi, “where are you?”, vra die een ergerlik, ek sê ek is by die huis, “but you should be at the meeting1” antwoord hy, en ek vra watter vergadering, hy sê hulle het my ‘n e-pos gestuur, maar ek het niks gekry nie. So gaan hy aan en sê da, “do you know what this meeting is about?”, “no”, antwoord ek, hy sê “it’s about the balls you got as sponsorship, we know nothing about it, we also sponsored balls!”, “you must come and explain this sponsorship as it puts us in an embarrassing position!” Nou die borgskap waarvan hy praat, het ek uit die goedheid van my hart by Orbit Sports (Jaco Kirsten) gaan kry, net om te verseker dat ons ordentelike balle het, nou moet ek daaroor verduidelik, dit klink asof hulle dink ek het geld gekry, ondankbaar! Ek sê dit vir hom en dat ek nie vergadering toe kom nie. Ek gaan na my rekenaar en soek die e-pos, niks nie! Ek stuur ‘n brief aan hulle en vertel hulle mooi wat ek dink en ook een aan die hoof organiseerders, en onttrek uit die komitee en toernooi!

Donderdag

Van die onderwysers kla dat hulle nie kon uitteken gister nie, want die hoof het die aantekening boek in haar kantoor toegesluit en was al in haar kar om 14:15!

“Verkragting?”

Mollie vertel hoe die hoof haar van ‘n sg. “verkragting” vertel, die hoof het net een oog, en sy sê hoe langer die hoof van die verkragting praat, hoe groter raak die oog! Die meisie dra glo baie kort rokke en die ou man het haar opgetel en ‘n “lift” gegee, en toe langs die pad in die bos gestop om water af te slaan en toe besluit om haar te verkrag, sommer drie keer! Nou kom die dogter in ‘n lang broek skool toe om nie weer in die moeilikheid te kom nie? Almal bespiegel dat sy dit uit vrye wil gedoen het, en toe laat by die huis opgedaag het, en toe bang was vir haar ma en die storie opgemaak het! Die hoof sê ook, dat as jy met ‘n baie kort rokkie by die polisie opdaag en sê jy is verkrag, sal hulle jou uitlag en sê jy het daarvoor gesoek!

Wapens en kêrels

‘n Paar meisies het ‘n juffrou gevra of hulle nie haar klas kan gebruik om hulle waardevolle goed in weg te steek nie en pouses daar tee eet nie? Die juffrou het ingestem, net om later uit te vind dat hulle hulle kêrels se pistole, wat hulle onwettig gebruik, in die klas weg steek en dan weer vir hulle te vat as hulle dit nodig het!

Vrydag-Matriek afskeid

Dit is matriek afskeid vandag, en nie een is hier nie, die gr.11’s het een of ander “Expo”, en die wat nie gaan nie sit lekker en bak in die sonnetjie! Baie onderwysers is ook nie in hulle klasse nie, want hulle beplan om na die afskeid toe te gaan! Mollie-hulle vertel van verlede jaar se matriek afskeid, toe ‘n dogter sonder ‘n “panty”, en met ‘n kort rokkie daar opgedaag het! Wat gaan die jaar gebeur? Ons speel more teenAlexander Road ghigh, behoort interessant te wees! Hulle voorspel reën, dit behoort ‘n groot gelymaker te wees!

Saterdag

Almal by die rugby. Dit donderstorm en dreig na reën, die wind is stormsterkte en ek weet, die is ‘n gelykmaker. Ons kan glad nie aan die gang kom nie, my haker het die hele week nie geoefen nie,beplan vir matriekafskeid! Ons wen omtrent nie een van ons eie lynstane nie! Die wind is erg, die skeidsregter swak, ons sukkel en verloor ‘n wedstryd wat ons met ten minste 20 punte moes wen!

Kragbokse en Dagga

Week 3

Die lang naweek is verby en almal is maar traag skool toe. Daar is net sewe onderwysers by oggend byeenkoms en die hoof praat oor die Sgb wat nou na die aansoeke vir ons Hod pos moet kyk. Die kinders hang buite rond en dinge is baie deurmekaar. Ek ry na Hoërskool Otto du Plessis toe om ‘n bepalings boek te kry, want die naweek is dit “wit teen swart” skole, maar daar is niks in nie en ek organiseer ‘n wedstryd teen Ukhanyo in Alexandria. Ons oefen die middag en Danie jaag die ou spul rond.

Woensdag

Daar is twaalf onderwysers by oggend byeenkoms, een moet bid en doen dit seker vir 5 minute aanmekaar! Dit is koud buite en baie onderwysers nie hier nie, so die kinders kom om na my klas (want dit is groot) en plak daar. Ek waarsku hulle om stil te wees. Die gr. 9’s kom in, dit is die tweede keerv wat ek hulle die kwartaal sien, van hulle kom baie laat in, en ek tel ‘n sigaret geur op, ek gryp die eerste een en ruik sy hande, dagga! Ek skop hom onder sy gat by die deur uit! Die volgende drie volg dieselfde pad, ‘n paar goed gemikte vuishoue en klappe kry hulle uit! Wat ‘n blêrrie skande, gr.9’s! Ek gaan aan met die klas, die volgende oomblik is daar ‘n “boef” geluid, een van die gr.11’s het te naby aan die oop drade van ‘n gevandaliseerde kragboks gelê, en die drade het hom geskok, hy vlieg op en uit die klas uit. Ek wonder of ek die goed by die hoof moet aangee, daar sal in elk geval niks van kom nie. Een van my spelers kom na my, sy “smart card” het uiteindelik gekom, ek moet hom Binnelandse sake toe vat om dit te kry. Die res van die span wil more aand “camp” by die skool in afwagting van hulle wedstryd in Alexandria. Hulle sal in my klaskamer slaap.Om 2:20 wil ek die hoof vang om haar van die stukkende proppe in my klaskamer te vertel, maar sy is klaar by die hek uit!

Donderdag

Ek kry die hoof en vertel haar van die proppe in my klas, sy gooi net haar hande in die lug en sê, “We can fix it now and just now they break it again, these kids….”         Ons het ‘n byeenkoms in die biblioteek, en van die onderwysers kla oor die chaos in die skool an al die vreemde mense wat hier rondloop. Xaluva sê die hekke sal Maandag vanaf 8 vm tot 11:30 gesluit wees, “Those who are outside, are outside, teachers must be here before 8 am or inform principal!”, sê hy. Die hoof staan net daar, sê niks nie! Van die onderwysers sê dit is lang naweek, ons moet 1 nm uitkom, en die hoof lag net en stem saam! Daar is chaos vandag,baie onderwysers nie hier nie of net nie in die klas nie,dit is koud en nat en die hele skool wil in my klaskamer in!

Kenny kom in en sê die skool het nou, “Wi-fi”. Mev,Bruce kom wys my ‘n brief,geskryf in Xhosa, oor Mhotwana, ek lees en sien dat hulle erg oor hom kla, hy wil nie klasgee nie, sit net ‘n ruk daar en loop of jaag hulle uit, hulle wil optrede hê teen hom! Maar wat gaan die hoof doen,sy is bang vir hom! Maandag gaan interessant wees!.

Klaasvakie en Jet Stores!

WEEK1

Maandag

Dinge is maar chaoties vanoggend! Die hoof daag net voor 8 vm op en ons gaan biblioteek toe vir ons vergadering!( die personeel kamer staan nou al vir 5 jaar lank in onbruik!) Die hoof verwelkom almal en sê dat daar meer druk op ons gaan wees en dat ons nie minder periodes kan verwag nie, want die department wil nie meer onderwysers aanstel nie, eerder verminder! Daar is 14 onderwysers afwesig vandag en dinge is deurmekaar! Die klokke lui nie op tyd nie en gaan kyk wat aangaan, die sekretaresse is nie hier nie en hier is niemand om die klok te lui nie,so ek lui hom maar, 15 minute in die volgende periode in!Ek het ses uit ses periods en dit is sieldodend om dieselfde Ardrykskunde les vir 5 klasse aan te bied. Kinders staan buite rond,party hang by my klaskamer venster rond en staar die klas binne, baie ader kinders kom sit in my klas om na my les te luister, want hulle het nie ‘n onderwyser nie? Die kinders is lasting en wil aanhoudend by my kom water drink, dan is daar weer een met ‘n mop, hy steek net die kop by die deur in en swaai dit rond, as ek deur toe kom is hy weg! So gaan dit die heel dag lank aan! Daar is darem goeie nuus, Vodacom en Coega stel belang in ons rugby besigheids plan, die regering (sport) laat ook weet dat hulle ons gaan help met klere, toksakke,truie, sweetpakke, ens! Ek sê vir die sport department dat ek na Linkside gaan en hulle protesteer onmiddellik, wat volgende, ek is moeg vir al die leë beloftes. Ons maak gereed vir ons toer Kaapstad toe, ons ry Donderdag en kom Sondag terug. Ons het in die vakansie geoefen, OP se ontwikkelings beamptes het net kom loer en gesê hulle is by my Maandag om te help! Later die dag daag al my spelers op vir oefening, en ons oefen tot amper 5 nm en ek kom eers 5:20 by die huis! My dogter wag vir my en ons gaan draf so 3 km!. More is proewe en drie van my spelers is genomineer!

Dinsdag

Daar is so 17 onderwysers by die oggend vergadering! Die verkeer het vanoggend weer gestaan, daar was ‘n ongeluk op ons pad skool toe. Ek kyk later en sien daar is 12 onderwysers afwesig. Een van hulle is my gr. 8 Engels onderwyseres, Ms. Mama, ek vra die adjunk waar sy is en hy sê ek moet die hoof maar vra! Ek doen dit ook, en sy sê net, “Hayi, Umlungu, I just saw that she is not here, her contract ended and she did not even come and tell me that it’s her last day with us!”, erg,dink ek, ek is die Departements hoof en sy stel my nie eens in kennis nie! Wat gister se rugby oefening betref, OP het nooit opgedaag nie, nie eens laat weet hulle gaan dit nie maak nie, wat is ‘n ontwikkelings beampte dan veronderstel om te doen? Hulle het my hand en mond belowe dat hulle my sal kom help, want ons is ‘n “Saru focus skool”, maar daar gebeur niks nie! Dit is koud vandag en ek is die eerste twee periodes af, so tyd om my admin in te haal! Ek gaan na my klas en daar sit baie kinders daar, ek vra hulle wat hulle daar soek en hulle antwoord dat hulle nie ‘n onderwyser het nie en in my klas wil kom wegkruip teen die koue! Dit gaan ek nie toelaat nie, want hulle vernietig ‘n klas as jy nie daar is nie! Drie kinders moet OP proewe toe gaan, die organiseerders laat my weet dat dit eers na 2 sal begin want die hoofde wil nie die spelers vroeg laat uitkom nie!

Woensdag

Ek het eers so 5:30 by die huis gekom gister.Drie van my spelers het uitgestaan by die proewe,so ons kyk maar wat gebeur! Die dag is maar weer chaoties, maar ons fokus op die naweek en oefen lekker die middag!

Donderdag

Almal is gereed, en ons vertrek so 8:30 Kaap toe, dit reën tot by Mosselbaai en toe trek dit oop en raak warm! Ons gaan eet uit by Spur, en hulle haal uit,die kinders kan eet wat hulle wil, en het hulle nie geëet nie! Ons gaan rus, ek by ‘n gastehuis, maar rof onderlangs, maar lekker kamer met ‘n uitsig oor Tafelbaai.

Vrydag

Ek kry ‘n “bagel” en ‘n koeldrank vir oggend ete, ek bel vir Chuck, die organiseerder, en hy kom haal my en ek eet ordentelik by die koshuis. Ons speel die gaste, Jan van Riebeeck om 4 nm, en verloor 7-17.Ons is ongelukkig, hulle slaan die bal aan op ons doellyn, al ons spelers gaan staan, hulle tel op en druk en die skeidsregter ken die drie toe! Dit het ons geruk en hulle druk toe nog ‘n drie van ‘n fout van ons af om te wen. Vrydag aand word ons Water front toe geneem om te gaan eet, die kinders loop daar rond.

Saterdag

Die veld is pragtig met Tafelberg in die agtergrond! Ons speel teen WP sportskool en klop hulle 10-5, die outjies speel al beter en hulle vaardighede is verstommend, die mense geniet hulle rugby. Ons speel ‘n groot en fisieke Camps bay, ‘n span wat net heeltyd met hulle voorspelers kom, ons loop 7-6 voor rustyd en besluit om alles wyd te speel, dit werk en ons wen 22-6. Ons laaste wedstryd is teen ‘n groot en fisieke Piketberg span, hulle druk vinnig drie drieë en is 21-0 voor, voor ons terugkom, ons druk net voor en na rustyd twee skitterende drieë, en is agter 10-21. Piketberg kry egter ‘n gelukkige drie met ‘n grondskop wat in hulle hande in spring en hulle gaan druk, 10-26. Daar is 5 min oor en ons bly in hulle kwart gebied,hulle groot voorspelers sukkel om by te hou, en toe blaas die skeidsregter sommer die eindfluitjie? Ek vra hom hoekom hy die wedstryd so vroeg klaarmaak, maar hy brom net iets en hardloop verby my! Die Spur en regerings verteenwoordigers was daar en het die wedstryde vreeslik geniet! Ek së vir hulle ek gaan na ‘n ander skool toe, en hulle pleit by my om te bly, praat van ‘n “catch 22” situasie! Die regering belowe nou groot bystand, sweetpakke, skoene, alles wat ons nodig het, en Spur belowe nuwe truie en broeke en meer toernooie! Moeilik!

Sondag

Ons is 6 vm op, eet en ry en kom 6 nm by die huis,lekker moeg!

Maandag

Ek is terug by die skool, die hoof is nie hier nie. Ek gaan later die oggend af om te kyk of sy al hier is, maar steeds nie! Die skool is chaoties en ek tel die onderwysers wat afwesig is, 17 in totaal, nie ‘n wonder nie, salarisse word vandag mos inbetaal! My gr.12 Engels juffrou kom na my en vra, “Umlungu, do you know there are no more English teachers for gr.10?” ‘no” sê ek, en vra ‘n verduideliking, Rashe is Jeffreys Baai toe verplaas, sonder ‘n plaasvervanger en Mbambaza, wat 4 maande siek was, en twee weke terug hier moes gewees het,is ook nie terug nie, en more is Cass vir hulle? Die hoof is veronderstel om my oor sulke goed in te lig, maar ek hoor dit van die ander onderwysers af!Ek bel maar die vak adviseur, en verduidelik die probleem aan haar.

Klaasvakie

Juf Bekker praat met die kinders oor eerste indrukke, sy vra hulle wat hulle van ‘n vrou sal dink wat met ‘n kort rokkie en visnet kouse by ‘n onderhoud opdaag, sy sien die een kind let nie op nie en vra hom wat hy sou dink? Hy vra, “Think about what?. Sy sê toe vir hom, dit lyk of Klaas vakie jou beet gehad het, maar sien toe hy lyk baie ongelukkig, sy vra hom toe hoekom hy so kwaad lyk, en hy antwoord, “Because you are swearing at me!”. Dit het ‘n lang verduideliking gevat voordat hy verstaan het wat sy bedoel het!

Kondome en “wrappers”.

Mollie vertel van die kind in haar klas, toe sy maar net begin skool hou het. Sy sien die kind verwag en sê vir hulle dat hulle kondome moet gebruik, die kind antwoord toe, “Ma’m, would you eat your bubblegum with its wrapper still on?” nodeloos om te sê, Mollie het nie ‘n antwoord gehad nie!

Jet Stores

‘n Oud leerling kom by ons ingestap (tee tyd) en vra, “Wat gaan aan in die skool?” ( hulle kan nog Afrikaans praat) “want toe ek by die hek inkom met my kar,toe hardloop omtrent 50 kinders uit!”. Hy praat verder oor die kinders se dissipline wat so swak is en dat hulle net wil kinders hê oor die geld wat hulle kan kry! Hy sê een het al 4 kinders en maal dit met R 300, en sê sy maak goeie geld sonder om te werk. Hy sê hulle kan spaar rekeninge by by Jets oop maak. Hy sê ook dat dit hulle ouers is wat na die kinders moet kyk en as die einde van die maand kom, vat hulle die geld en jol dit uit met hulle kêrels.

Graad 11 Geskiedenis

Ek moet oor die spul praat,hulle sukkel met Geskiedenis, een van hulle lê die heeldag lank teen die heining en as ek haar probeer vang hardloop sy weg! Ander wil die heeltyd sit en gesels ander is weer die heeltyd op hulle selfone, en as ek die wil afvat hardloop hulle weg! Dit is ‘n stryd en gaan so elke dag! Ek het ‘n leë Coke bottle, en glo my, die werk soos ‘n bom, ek slaat hulle oor hulle koppe daarmee, dit maak nie seer nie, maar wel ‘n geweldige geraas, en ek wend dit suksesvol aan in die res van my klasse!

Goeie nuus

Ek kry ‘n e-pos,twee van my kinders het die volgende rondte proewe gemaak, een vir o/18 en een viir o/16.

Vrydag

Ons het nog geen onderwyser oggend byeenkomste die week gehad nie, want die hoof is net weg en niemand weet waar sy is nie! Gister wou Koza weet of hy sy sertifikate more kan uitdeel, ek hoor die hoof sê dit moet voor 8:30 gedoen wees! Vanoggend daag sy so 8:10 op. Ons begin met die “saal” byeenkoms, en die meeste kinders staan buite die hek.Die onderwyseres in beheer van Godsdiens hou aan tot 8:30 met haar diens en Koza met sy uitdeling eindig 8:45!Na gebed sê ek hulle moet inkom, maar die hoof roep my met ‘n harde fluister stam, “The chairperson of the Sgb is controlling the gate, don’t interfere!”.Later die dag sluip Mhotwanan verby my, “This school is in chaos!”, sê hy, maar hy is een van die grootste oorsake daarvan,hy is alewig afwesig,en as hy by die skool is, is hy nie in die klas nie, en sy punte van laas kwartaal is nog uitstaande! Rashe is terug van Jeffreys Baai af, sy het ‘n verplasing soontoe gesoek en is weg sonder ‘n brief, en terug is sy. Mbambaza is ook hier rond,hy is al vir 4 maande af en moes al terug gewees het, maar sê hy kom volgende week terug! M’am Mama (wat in sy plek was) is weer by die skool! Dit alles gebeur sonder dat die hoof my inlig! Intussen wag ons vir die groot borgskappe van Coega en Vodacom ( by ‘n 2 miljoen rand om swart rugby op te tel). Ewan sê vir my dat as ek nie vandag hoor nie dan is dit ‘n teken dat ek moet gaan!

Kinkels in die kabel

WEEK7

Maandag

Die verkeer is erg vanoggend, maar ek kom darem so 7:45 by die skool. Vandag is uitspeel wedstryde en die kinders is opgewonde. So om 12:30 vertrek my klomp na die veld! Ek moet wyd ry om daar te kom, die veld is vol sand en die wind waai erg! Ons speel teen buurskool, Thamsanqa, Eezie waarsku dat hulle van my spelers teiken en gaan sê hulle is oor-ouderdom! Ek maak 100% seker al my spelers het al hulle dokumente en ons speel. Dit gaan sukkel-sukkel in die eerste helfte,die kwaai wind is ‘n groot gelykmaker, en ons loop 12-3 voor, my spul wil net hardloop! Ek verander die wedstryd plan,skop meer, as hulle hardloop maak ons hulle toe en as hulle skop gaan ons kom met ‘n teenaanval! Dit werk en ons wen gemaklik met 31-3. Na die wedstryd word ek geroep, “there is a charge against you?”, deur wie wil ek weet, en hulle noem twee sg. oor-ouderdom spelers se name, ek vat my lêer en haal hulle dokumente uit, wat wil julle nog sien? Ek dag dit is die einde daarvan en gaan huis toe.

Dinsdag

Ek moet na Hoërskool Hillside toe gaan om my Makro koopbewyse (vouchers) te gaan haal. Ek kry ‘n oproep, ek moet 11 vm by Thamsanqa wees vir ‘n vergadering, daar gekom, sit die mense in ‘n klaskamer, OP beamptes ook by, en ek sien dit is ‘n verhoor! Hulle laat my wag tot 11:50, en ek is al lekker warm onder die kraag! Ek kry een van hulle rugby beamptes buite en vra hom wie die klag gelê het, en hy antwoord, “It is me!”, ek vra hom hoekom hy tot na die wedstryd wag om my aan te gee en nie voor die tyd na my gekom het om die spelers te bevraagteken nie? Hy antwoord dat hy dit gedoen het? Hy lieg en ek sê vir hom in sy gesig dat hy besig is om my tyd te mors? Hy vra vir die ander mense, “Why is he angry with me?”, en ek antwoord hom, “Because you are trying to make me look like a cheat!”, in elk geval, ek word uiteindelik ingeroep en die voorsitter  vra om verskoning omdat ek so lank moes wag en sê dat hulle die saak uitgegooi het,want al my dokumente is reg, ek kan more speel, maar ek is nog steeds moerig, julle stel my in ‘n slegte lig! Dis al 12 nm en ek moet Hillside toe ry, daar gekom gaan ek na die sekretaresse en vra om George te sien, sy reël dit, toe kom my ou maat om die draai (hy was jare terug onderwyser en nou hoof!) hy gryp ‘n stout kind,kantoor toe en ek hoor hoe die houe klap! Hy kom uit en groet, “Jy was amper by ons met die herontplooing!” së hy, “toe hoor ek jy gaan Linkside toe, maar toe stop die gemeenskap dit, hulle wil nie hê jy moet gaan nie, dit is die werklike storie,ek sit op daai komtees”, ek sê vir hom dat ek in elk geval oppad na Linkside toe is en hy wens my voorspoed toe en sê dat dit ‘n skool is wat besig is om vinnige opgang in sport te maak en dat ek dit daar sal geniet! Daar is geen twyfel daaraan nie, ek hoop net nie daar val weer iets voor nie! Ek is in 1994 herontplooi en gesê ek moet gaan, niks het gebeur nie al het ek die briewe in my hande gehad, ek het sommer waarnemende prinsipaal in 95 geword! Ek is weer in 1999 geidentifiseer en Aliwal toe “gestuur”, ek is na die Saou, hulle bel die skool, hy bestaan nie, het ‘n hoof,twee adjunkte, 8 departementshoofde en oor ‘n 40 onderwysers! Nodeloos om te sê, ek gaan nêrens heen nie, in 2006 bring hulle weer Geskiedenis terug skool toe en ek bly! Vroeër laas jaar is ek weer herontplooi, hierdie slag waai ek self!

Woensdag

Daar is so 4 onderwysers by die oggend “briefing”, maar dit sit nie die hoof af nie, sy gaan rustig voort en praat oor die Sgb verkiesing vir ouers wat more moet plaasvind,want sy sê hulle kan nie onderhoude voer vir die geadverteerde poste nie (die gaan die tweede poging wees om ouers vir die beheerraad te kies)totdat die mense gekies is nie! Ek ry na Footballer om kouse en broeke te koop, en kry dit teen ‘n goeie prys by Lammie, R 3 200.Ons moet rugby speel vandag, kwarteindrondte, en om 2 nm begin,daargekom,is die pale nie op nie en almal moet “b” veld toe.”Hoe laat speel ons?”, vra ek, “ 3 pm” antwoord een, en ek kry my spelers reg. So ‘n ruk later sien ek ander spanne op warm? Ek vra wat aangaan, “No,you are playing at 4 pm!”, dit raak net later. Ek kyk na die ander spanne en sien dat daar ou manne in is, ek maak ‘n opmerking daaroor, “You want to cite me, I will cite all of you!” sê ek, en daar is so ‘n ongemaklike stilte, hulle soek die geld. My wedstryd begin uiteindelik 16:20 en is kliphard, ons druk vroeg,maar oor die verkeerde lyn! Daar is ook sokkerlyne op die veld en die is so ‘n meter voor die doellyn getrek en maak almal deurmekaar. Die skeidsregter wil die drie toeken, maar die opponent se afrigter is op hom en hy verander sy besluit (die afrigter is so ‘n jaar terug uit die tronk vrygelaat vir moord op sy vrou!) hy gaan nie met die ou sukkel nie.Ons loop rustyd 14-3 voor,maar die wedstryd kan nie aan die gang kom die tweede helfte nie,net my span word gestraf en daar is geen voordeel nie, dus een skrum na die ander, Ek is gefrustreerd en sê vir Dante Rademeyer (in beheer van die skeidsregters) om iets te doen! Hy gooi sy hande in die lug en sê dat hy met hom rustyd gepraat het! Daar is twee geel kaarte teen my spelers, vir wie weet wat, twee kom bebloed af, die een se wedstryd is klaar,hulle word geskop en geslaan in die losgemale! Die wedstryd is uiteindelik oor en ek kollekteer my klere en gee vir hulle droë broodrolle,nou is die hele lokasie daar,onderwysers en al, hulle wil ook hê! Hulle sien my hoedjie, en almal wil dit ook hê! Die spelers vra vervoer geld,hulle bly ver van die skool af, en ek gee R 50. Ek kom 5:10 by die huis aan!

Donderdag

Ons het oggend byeenkoms, maar daar is net vier van ons, die hoof gaan egter aan en lees al die nuwe omsendbriewe! Bester sê die department is omgekrap oor die skool en hulle skel hom sommer uit, terwyl hulle weet waar die probleem lê! Die hoof en adjunk staan by die hek en beheer die laat kommers,hulle het moed opgegee met die onderwysers,niemand wil saam werk nie!Ek ry na Emsengeni primêre skool, om Hanabe se uitslae te gaan haal. Hy was laasjaar in gr.7 en is nou skielik in gr.10 in Welkom HTS! Hannes van “School of rugby”, stel ook baie belang in die storie,hier gaan weer iets leiks aan!Die dag is chaoties,kinders orals buite! Ek vra waar hulle moet wees en hulle sê, “Mhotwana!”, ek soek hom en kry hom besig om te eet in die personeelkamer, ek sê vir hom die kinders soek hom, en hy antwoord, “tell them to come to me!”, en hy lag,ek draai om en loop. Daar is ‘n groot sokker wedstryd aan die gang voor my klas,met ‘n groot skare, ek probeer die bal afvat,maar hulle skop hom net weg, en as ek weg is begin die wedstryd net weer! Ek los hulle,in die klas is dit ook chaoties,hulle wil net praat! Elke nou en dan loer een by die klas in, dan marsjeer ‘n paar sommer my klas binne om water te kom drink en ek verdryf hulle! Ek het ‘n “teachers copy” van my graad 8 Sosiale wetenskappe op my tafel gehad, maar toe ek dit soek is dit weg,gesteel! Ek is moeg vir die plek!

Vrydag

Alamal is opgewonde oor vandag se rugby.Ek begin die oggend byeenkoms en lees oor hoe maklik mense mekaar oordeel. ‘n Ruk na die byeenkoms, kom Bester (onderwyser) na my en bedank my vir vanoggend se boodskap, dit het hom laat nadink oor sy eie lewe (hy kritiseer mense baie gou!).Ons loop uiteindelik 12 nm na die rugby.Ons tweede span speel teen Parktown van Kaapstad,dit is groot mense en ek dink ons gaan vermoor word,tog hardloop die kleintjies hulle van hulle voete af en wen 22-13. Ons eerste span het ‘n taai wedstryd en loop 15-10 rustyd voor, ek verander die wedstrydplan rustyd en vat alles wyd om hulle groot voorspelers klaar te maak! Dit werk en ons wen 49-10. In die voorwedstryd speel Solomon Mahlangu en Molly Blackburn en ek het ernstige bedenkinge oor hulle ouderdomme, die manne is dan net so groot soos Grey se eerste span en daar is van hulle wat twee jaar terug ook teen ons gespeel het? Ek kom na 6 by die huis,lekker moeg!

Maandag

Ons het oggend byeenkoms,daar sit vyf onderwysers en die hoof, maar sy gaan aan! Die skool is chaoties,al die onderwysers skarrel rond om punte in te kry! Ons moet oefen vandag en heelwat van my spelers is nie hier nie! Danie Gerber kom sien my, hy gaan probeer om my vandag of more te help.’n Ou kontak my op facebook, hy wil ons borg,hy’t glo R 30 miljoen vir die Kings gekry! Ek het maar my bedenkinge oor die man, maar stuur hom tog my besigheidspplan,laat ons sien wat gebeur! Die kinders loop doelloos rond en ek neem ‘n sokkerbal af van die wat ‘n wedstryd buite my klas speel en gee dit vir Xaluva (hulle vrees hom!).Die kinders wat nie onderwysers het nie kom plak in my klas en ek moet hulle aanhoudend wegjaag en so word my swart pen van my tafel af gesteel! Ek is sat vir die klomp!

Dinsdag

Ons het oggend “briefing”, ses onderwysers teenwoordig! Die hoof maak haar afkondigings en vra dat ons mama’s kry om te kom kook vir die kinders,dit is werskepping, sê sy! Van die onderwysers sê dat die kinders nie vir hulle ouers wil sê van die werk nie, “because then they will be at school and see what they do!”.Die skool is chaoties,almal wie nie onderwysers het nie kom plak in my klas! Die musiek speel kliphard en ek moet hulle uitjaag!

Woensdag-Geweteloos

Die dag begin met ‘n oggend byeenkoms, ses onderwysers woon dit by. Alles is chaoties,almal soek punte, en die helfte van die onderwysers is nie by die skool nie en baie se punte is nie in nie! Ons moet 10 vm by die skool wees, ek wil my truie hê,maar Makeke (‘n helper) sê Monica het die truie in die wasmasjien vergeet en ons moet ander truie gebruik! Ek is kwaad, die ander stelle is nie meer volledig nie soos hulle dit gesteel het! Monica kom daar aan net voor ek ry en ek vra haar uit oor die truie,”O”, antwoord sy, “The mamas had to hang it out,they must have forgotten about it!”, sy haal dit uit, maar dit is darem nie ten at nie, “I will hang it out at the rugby field”, sê sy! So gaan ons rugby veld toe om na baie toesprake te luister. So 12:40 vra hulled at ons ingaan,die organiseerders wil met ons praat, en ek roep my spelers. Ek sien die opposisie, dit is feitlik dieselfde span waarteen ek twee jaar terug gespeel en oor wie se ouderdomme ek gekla het! Hulle is groot en oud, en ek kla weer ‘n keer by die organiseerders en Op verteenwoordigers. By Op skole kry ek nie hulp nie, OP probeer help? Kom ons kyk wat gebeur. Die wedstryd moet 14:00 afskop, ons trek aan en gaan warm op die veld op, maar na ‘n ruk word ons af gejaag, “There will be speeches by the veterans, now”, sê een, en ons moet “b” veld toe,maar die hek is gesluit, ons gaan agter die pawiljoen in, dar is so ‘n 10 m strook wat met ‘n helling afloop, moeilik! Dan roep een, “The gates to the “b” field is open!”, ons gaan soontoe, skaars daar of ons word weer geroep, “You must come to the main field and be introduced to the veterans!”, so gaan ons maar weer hoof veld toe. Ek sien uiteindelik die OP skeidregters verteenwoordiger, Dante, daar, en ek kla oor die ou manne, hy wil optree, maar niemand wil hom help nie! Ons beraam ‘n plan, as Solomon (opposisie) van die veld af kom, moet ek hulle afrigter vra vir si id’s! Ek doen dit, maar hulle afrigter sê net, “Don’t start with that now!”, en loop verby! Ek noem dit vir die organiseerders en hulle sê net, “Then we won’t have a game, play now and take it up after the game!”. So word ek in die wedstryd in geboelie! Solomon draf op die veld, my span kom nie, na 5 minute gaan kyk ek wat aangaan, die skeidsregter het nog nie opgedaag nie! Hy kom uiteindelik 15 minute laat en ons kan begin.Daar is ‘n stormsterkte wind wat waai en ons speel met hom in ons blaaie! My span speel goed,maar hulle groot voorspelers dryf ons in die grond in en gaan druk ‘n vroeë drie met ‘n rolmaal vanaf ‘n lynstaan! Ons slaan terug met ‘n aanval van onder ons eie pale en druk amper, ‘n strafskop word toegeken en die telling is 3-5 in Solomon se guns. Ons kry weer ‘n strafskop,amper onder die pale, maar my skopper mis dit! Rustyd sëê ek vir my span om die bal aanhoudend wyd te vat,weg van hulle groot voorspelers af en dit werk, maar hulle dryf weer van ‘n lynstaan af en hulle senter glip deur vir ‘n drie onder die pale, 3-12. Ons gee nie op nie en na volgehoue druk gaan my skrumskakel oor vir ;n onverdoelde drie, 8-12. Hulle kry ‘n strafskop op ons 10 m lyn,hulle skop, die bal val op die dwarslat en bons oor, 8-15. Ons val weer aan en my senter breek deur naby die pale, my losskakel skop pale toe, maar die wind waai die bal eenvoudig net terug!, 13-15! Nou gebeur daar vreemde goed, ons kry ‘n strafskop 5 m van hulle doellyn, my nr.8 tik die bal en duik langs die pale oor, die skeidsregter gee nie die drie nie en gee ons ‘n 5 m skrum! So gaan dit aan, ons pen hulle in hulle eie doelgebied vas, hulle is moeg. Vanaf ‘n skrum op hulle doellyn, probeer hulle hardloop, die losskakel gooi die bal teen die paal vas en dit spring in my senter se hande in en hy druk onder die pale,die skeidsregter beslis dat hulle vorentoe aangegee het en gee ons die skrum! Ek is woedend,waar is die voordeel. Geen drie en uiteindelik skop hulle ‘n los bal in ons kwart gebied in en kry ‘n straafskop voor die pale, die mis hulle amper, die bal tref die regop paal en skiet oor, hulle wen 18-13. Hulle afrigter juig,storm die veld op en omhels sy spelers! Geen skaamte nie, ek stap na hom, vat sy hand, en sê vir hom, “ Your players are old!”, hy steur hom nie aan my nie en sy skool wend ie R 50 000 eerste prys en hy is afrigter van die toernooi en kry R 5000 en ‘n “i-phone”, skande. Twee van my spelers word beloon, my vleuel is speler van die toernooi en kry R 10 000 en my haker,voorspeler van die toernooi en kry R 3000.Ek is baie ongelukkig huis toe, ek gee nie om om te verloor nie, maar on so beneuk te word,is ‘n skande! OP sê vir my hulle gaan die saak ondersoek, “Seker soos laaste” dink ek, toe ek sommer skuldig bevind word van dieselfde ding waaroor ek hulle aangekla het?

Donderdag-Kinkels in die kabel

Ek rus baie lekker.Later die dag bel Ewan my (hy is baas van SupplementsSa en het vir ons ‘n besigheidsplan opgetrek) Hy klink verbaas omdat ek na Linkside wil gaan en dit klink of hy wil hê ek moet by Itembelihle bly? Hy sien Coega volgende Vrydag en sê daar is groot geld betrokke. Hy sê daar is heelwat opsies vir my. As ek in so iets in gaan, dan moet ek ten minste R 50 000 pm kry, want ek gaan onbetaalde verlof moet neem, want die is ‘n groot werk, ek moet tot 14 spanne per week beheer. Wat van my pos (moontlik) by Linkside? Hy reken hulle kan deel van die “hub” word (konsessie van 6 skole). Dit lyk nie of ek ooit by Itembelihle sal weggaan nie! Ek aanvaar maar dat die Here sal besluit waarheen ek moet gaan!

Koeëls en kworums!!!

WEEK 6

Maandag

13 Onderwysers afwesig.! -My klas word as ‘n kerk oor die naweek gebruik,so ek moet my klas elke Maandag herrangskik! Terwyl ek besig is met dit kom die hoof,papiertjie in die hande,my klas binne, “Umlungu”, sê sy, “do you know that you are on gate duty,the list is in the foyer?”, “No”, sê ek, “I am busy preparing my class for the first period!”. In elk geval, ek gaan maar hek toe. Die adjunk staan daar en skel almal wat laat is en vertel hulle dat hulle vroeg moet kom! So bly hy aangaan en loop uiteindelik om 8:30 weg en die kinders stroom nog steeds aan!Ander sien ons by die hek en vat ‘n ander pad en klim deur die heining agter die skool! Die hoof kom by die hek en sê, ‘umlungu, do you know that teachers must also attend Maths classes for Ana and write tests?” en sy gaan voort, “one of the presenters was so embarrassed because Mhotwana and other teachers copied from each other! Erg. Dink ek, “and what did he do about it?” vra ek.”Nothing, he was too shocked!”, antwoord sy!

Dinsdag

Ek ry skool toe,naby die skool kom ‘n kar van voor af aan en ‘n meisie van Edu college kom in die pad aangestgap, ek wys haar sy moet padgee en sy wys my die middle vinger,eksteek net daar vas en draai terug,ekklim haar uit en vra haar wat sy my gewys het, “nothing”, sê sy, ‘n bakkie met ‘n swart man trek langs my in, “what’s going on?” vra hy my, “leave her alone!”, hy is aggressief en ek sien waar bliksem ek hom, maar ek vertel hom maar wat gebeur het, en hy sê, “O, these children can be rude” en hy ry !Die Mali tioernooi mense is vroeg hier, ek moet help met die bokse. Die foon lui, ek moet balle gaan haal by Orbit sports! Teruggekom, wag Lucky my in, hy wil id’s kyk, ek moet ‘n kind inlaai en na sy huis vat om dit te kry! Weer terug wag een my in om vorms met id’s vir haar te gee, en so gaan my dag aan! Om 2 nm is ‘n smt vergadering, ek verskoon myself en kry die rugby spelers aan die gang, dit reën,maar ons gaan oefen, Danie Gerber is op pad en ek moet ‘n vergadering by die Bethelsdorp Hoërskool bywoon, die moet 3 nm begin, daar gekom, moet ek maar wag, die vergadering begin 3:15, ons sou koopbewyse van Makro kry, maar dit is nie daar nie, ek sal dit Vrydag kry. Die aganda het 7 punte, punt twee hou aan tot 4 nm en ek verskoon myself,hier gaan dit tot na 7 nm gaan!

Woensdag

Proteas speel teen Sri Lanka, ons wen! Ek kom by Ettienne in Mariette se klas, hy vra of ek gehoor het, ek dag hy praat van die krieket, maar hy wys ‘n foto wat hy van kinders buite sy klas geneem het waar hulle met 9 mm patrone speel! Hy bel die adjunk en die vang hulle! Waar daar koeëls, is is daar mos ‘n geweer ook, die plek raak nou baie gevaarlik!Die hoof praat met die kinders, hier kom kinders van ander skole en verkoop dagga, party kinders is die heel dag lank buite!

Ons praat oor ‘n voormalige prinsipaal, Qengwa, wat eendag ‘n klomp kinders buite sien staan het,hy het almal in ‘n ry laat staan en elkeen twee houe met ‘n rottang gegee,net om later uit te vind dat van hulle van ‘n ander skool was en een of twee die vorige jaar al matriek geskryf het! Etienne vertel verder van ‘n groot geveg buite sy klas, hy roep vir Qengwa, die staan net en kyk en sê vir hom, “this is how the boys become men!” Dit is chaoties na pouse,baie kinders hang buite rond! Een van my vensters het ‘n bars in, met so klein skrefie wat oop is,nou staan die klomp buite en praat met die klomp binne deur die skrefie! Elke nou en dan loop een buite my klas verby,klop aan die venster en waai vir my, dan is daar ook elke dan en wan een wat sy kop by die deur insteek en geluide maak,ander loop net eenvoudig in om met een te kom argumenteer of ‘n pen te kom haal,dan weer kom ‘n klomp na my,hulle onderwyser is nie by die skool nie,kan hulle by my kom sit en ek verjaag hulle en so gaan dit aan!

Donderdag

Die adjunk beman die hek. Ek gaan sê die hoof oor more se toernooi! Sy sê, “O, i must go to the gate,let me take my stick to protect me against the bullets!”, en sy lag!Ek moet weer baie ry vir die toernooi! Die hoof kondig aan dat daar ‘n personeel vergadering om 2 nm vandag sal wees! Alles loop vlot tot pouse, na pouse is dit weer chaos, die kinders kom die klas binne, selfone blêr musiek kliphard, oral speel hulle met hulle fone, ek dreig om dit af te neem en vir Xaluva te gee( hy slaat hulle drie houe wanneer hulle dit kom haal) en dit werk. Hier is ‘n steurnis in my klas, baie in die klas loop na ‘n meisie voor in die klas en koop ‘n klein pakkie sjokelade, hier kom selfs kinders van buite af, loop net eenvoudig my klas binne met die R 2 in die hande om te koop! Ek verjaag almal en neem die pakkies af! Dit bly chaoties, kinders sonder onderwysers loop net my klas binne en kom doen hulle huiswerk! Die geraas is erg, en ek moet amper skree om myself te laat hoor! So om 11:15 I David Maidza en sy Nmmu en van sy spelers hier om oor die Varsity beker te praat, bosspelde word vir my gegee en die kinders oorval my, elkeen wil een hê! Selfs buite die saal, storm kinders my vir borsspelde!

Genadiglik lui die klok 2 nm en ek gaan rugby veld toe, die kinders kry t-hemde, hoedjies ens. vir more se toernooi! Drie wil nuwe “koks” hê, ek het al vir twee nuwes gekoop, maar dit begin skeur, die derde sê hy moet “koks” leen en wil nie oefen nie! Ek draai net om en roep ‘n ander kind om in sy plek te kom oefen, toe ek weer sien is hy met sy kouse op die veld! Die pryse is groot, R 50 000 vir die wenspan, R 10 000 ir die speller van die toernooi, R 5 000 vir agter speller van die toernooi, ens!Ek loop weer op om goed te gaan haal, en sien ‘n paar onderwysers in die biblioteek vir die vergadering! Toe ek by my kantoor uit kom loop almal uit, “no quorum”, sê die een, “we are going home now!”. Lekker skool die, die hoof is maar ook te bly, want sy hou nie van lank by die skool bly nie!

Vrydag

Ek vra wat gister gebuer het by die vergadering, die een onderwyser sê net hulle was nie lus vir dit nie en het gewaai! Ek het klas om te gee, punte om in te tik, spanlyste om te skryf (boksmart) en ek moet alles self doen. Dan word ALLES in my kar gelaai,waterbottels, die kleresak vir die dag, balle en broodrolle!

Die bestuur moet 11 vm by die veld wees, daar gekom, is daar net een ou. Die pale is nooit op gesit op die een veld nie, ons gaan op een veld moet speel, daar word vining besluit, die spanne van ver, Uitenhage en Motherwell moet vandag speel en die res Maandag! Dinge sukkel aan en by 11:45 is daar al vier spanne en ons hou nood vergadering met die afrigters. Daar word besluit dat alma op die “b” veld bymekaar kom en dan om marsjeer vir toesprake! Daar gekom is daar nie luidsprekers nie en na ‘n ruk verdaag ons weer na die “b” veld, (geen toesprake nie!) Nou moet ons weer vir die ambulans wag, en die kom so 15 minute laat by ons aan! Intussen kom kinders aanhoudend na my toe, hulle wil ook ‘n blou hoedjie hê, ongelooflik, seker 30 het my vir my hoedjie gevra! Ek staan en praat met een van die komitee lede en ‘n dogter kom staan by ons, “what do you want?”, vra ek ergerlik, “I want a caps!” en ek verjaag haar! Ek sien ‘n bekende gesig, Xhanti Lamani, hy was ook lid van Saru, hy het sy besigheid en ons praat oor ontwikkeling, hy het gehelp om die Varsity beker van die grond af te kry, en ons kyk na die kinders wat nooit universiteit toe sal kan gaan nie, ons kyk na kolleges en klubs as moontlikhede en so kom ons weer by ons besigheidsplan uit, ons moet met Ewan vergader, dalk kan daar iets gebeur!

Ander sien weer dat dar droeՙë broodrolle in my kar is en hulle wil dit hê, uiteindelik kom van my personeel by die rugby aan, en nie lank nie of hulle vra, “where is the catering?”Ek is al lam in my gat en loop terug na my kar toe, nou is die hek gesluit en ek kan nie by my kar uitkom nie, nou is dit eers ‘n gesoek,hulle sê die opsigter slaap, ek sê, “wake him up!”, so sê een van die kinders, Kabila (oud speler) het die sleutel en ek stuur kinders agter hom aan om die sleutel te bring, soos hy uiteindelik aankom met die sleutel vra die kinders broodrolle omdat hulle my gehelp het! Oral vra kinders my vir R 1 of R 2 en ek sê net, “ngomso!’, ( more). Die son bak genadeloos en ek vrek van die hitte, maar die spul loop rond met truie en baadjies aan!

Ek kan sien hier is ou spelers vandag, die prysgeld is groot, Solomon Mahlangu het spelers so groot soos Bakkies Botha en ek vra dat dit ondersoek moet word! Ek vat uiteidelik my kar en ry huis toe! So kan ek nie op my eie aan sukkel nie, ek moet ‘n ander skool kry waar mense my sal ondersteun, Linkside, hier kom ek!

Pensioen bedrog en gevegte!

WEEK 5

Maandag

Tien onderwysers afwesig en vier op kursus. ‘n resep vir chaos!

Dinsdag

Ons het oggend byeenkoms, Sitsholi se saak word bespreek en ons moet ‘n plaasvervanger kry uit een van die naby geleë skole, vanaf die herontplooiings lys, maar dit gaan tyd vat , want die saak is nog by Arbeid! Hier kom ‘n onderwyser aan van ‘n naby geleë skool, hy is op die herontplooiings lys! Die arme ou sit net rond en hy kan nie glo die skool is so chaoties nie!

Woensdag

Die arme man sit nog steeds rond,hulle soek ‘n klas vir hom! My Sosiale Studies klas loop rustig, (48 in die klas) Skielik breek ‘n geveg uit,twee kwadiens slaan mekaar, en ek gryp in, die helfte van die klas hardloop uit en die helfte van die res van die skool storm in of hang by my vensters rond! Ons sorteer hulle uit en daar is weer rustigheid, maar net na skool vloei die bloed weer!

Donderdag-pensioen gesteel!

Ons onderwysers kom weer bymekaar vir “morning briefing”. Die hoof gaan aan omdat ons weer ‘n Matric Intervention School (Mip) is, sy blameer die kommersiële afdeling omdat hulle so swak doen. Van nou af moet almal daaglikse beplanning doen! Van die onderwysers lag, ons almal,behalwe die department, weet waar die probleem lê, by die patetiese hoof Toe sy klaar is, herinner ek haar daaraan dat sy die nuwe onderwyser moet voorstel,wat sy toe ook darem doen!

Binqela (onderwyseres) kom my klas binne, “Have you heard about Roxa?”, vra sy, “No”, antwoord ek, en sy vertel die storie oor hoe sy uit R 1 miljoen beneuk is, ‘n Rwandees, wat hom voorgedoen het as ‘n vlieënier het by haar kom kuier, (hy het vir haar ‘n foto van himself in sy uniform gestuur) Hy het blykbaar by 4 ander vroens ook so gekuier, presies geweet wie wat ontvang het en almal beneuk! By ander was hy ‘n B Com gegradueerde besigheidsman (foto met kappie op) ander ‘n besigheidsman (foto in pak). Sy mode operandi,hy belowe sy meisie hy gaan vir haar ‘n huis in ‘n gegoede area koop, dan “deponeer” hy R 1 miljoen in haar bank rekening, maar vra haar later om die geld terug te deponeer omdat hy dit nodig het!Roxa doen dit en die ou verdwyn! Die hoof is baie geskok, sy wys foto’s van die man, “He is quite fleshy!” merk sy op! Roxa sê sy het van die jong man gehou, “Because he was full of energy!” Nou ja, Roxa loop en werk soek, sy gaan haar huis en kar verloor!

Ek kry ‘n boodskap, “Meeting at 17:15 at Ep offices!”. Ek oefen maar tot 16:30 en gaan na die vergadering. Daar gekom is van die mense daar, die Op beampte is in ‘n ander vergadering en ons moet vir hom wag! Ons vergadering begin uiteindelik om 17:30 en ek loop daar uit om 18:35! Wat ‘n lang dag!

Vrydag

Die verkeer is weer erg vandag en die taxis maak soos hulle wil, want geen van ons hoog betaalde verkeerspoliesmanne, is op hulle pos nie!By die skool gekom,sien ek blou ligte van ‘n verkeers poliesman,hy het ‘n taxi oppad na Morningside afgetrek voor ons hek, ek tel 23 kinders wat uitklim,hy skryf nie die taxi,laai hulle net uit, die taxi gaan trek om die draai,natuurlik om hulle weer op te tel,maar die is ongeskikte kinders,hulle staan die wêreld vol en ek vra hulle om pad te gee, maar hulle praat teë, een het genoeg verstand om te sien ek gaan uitklim om hulle te bliksem en hulle gee pad!Hier is chaos in die skool,die matrieks is na ‘n “expo”

‘n Nuwe week

Ek sien my skrummasjien lyk gehawend en vind dat hulle die een arm afgebreek het, hoe de hel kry hulle dit reg? Ek gryp ‘n klomp kinders wat by die werkswinkels leeg lê en vra hulle om die skrummasjien na die werkswinkel toe te dra sodat dit weer gesoldeer kan word, maar hulle hardloop almal weg, sleg! Ek gaan haal maar die rugby spelers en hulle dra die masjien na die werkswinkel. Sowat ‘n uur later kom een van my rugby spelers my klaskamer binne met die los “arm” van die skrummasjien, “They broke it off and wanted to go and sell it!”, sê hy! Ek gryp dit maar te dankbaar en gaan terug na die werkswinkel, die onderwyser is daar, maar het nie gesien dat die arm gesteel word nie!

Korrupsie

Twee van my spelers is by Welkom gimnasium, die een was in gr. 7 en die ander een by ons in gr. 10, en sy geboorte sertifikaat en id lees, 1996! Beide is nou in gr. 10 in Welkom, en ek begin te vis! Blykbaar het die gr. 7 by Ndzondelelo ‘n gr. 9 rapport gekry (en oorplasings dokumente) en die een in gr. 10, ‘n gr.9 rapport en kopie van ‘n id vir 1998! Absolute korrupsie! Die mense van Ndzondelelo wil nie hê hulle moet vir my speel nie, want dit is twee baie goeie spelers! Ek Whatsapp die twee en kry vinnige reaksie, “Wat 4?” vra die een en die ander een sê, “Why are you dragging us down?”, geen respek vir geregtigheid nie, hulle aanvaar die korrupte handeling van onderwysers, maar ek gaan voort krap om die saak op te los! Om dit by OP aan te gee, gaan my nêrens bring nie, dalk by Saru, ek weet nie, of ‘n koerant? Ek sal besluit!Ek kry ‘n oproep vanaf Welkom oor die twee,die onderwyser is geskok,hulle is nêrens op die register nie,natuurlik hulle vane verander en selfs by hulle Whatsapp profiele hulle foto’s afgehaal. Die onderwyser vra dat ek foto’s van hulle deur stuur sodat hulle ondersoek kan instel! (Ek het dit gedoen na oefening en wag op reaksie!)

Donderdag

Ek het een af periode vandag en baie kopieerwerk om te doen (niks het gister gewerk nie) Oppad na die fotostaat masjien kry ek die hoof met ‘n lysie in haar hande, “You are off the first period, so you must go do gate duty!”, sê sy! Ek gaan maar, een van die onderwysers skree op die kinders en hulle hardloop nader! By 8:30 word die rottang uitgehaal en al die laatkommers kry ‘n hou op hulle hande!Baie loop eenvoudig verby en gaan klim deur ‘n gat in die heining agter die skool! So by 8:45 gaan ons in. By 9 vm staan die hek oop en die kinders stroom nog steeds in! Ek is so 10 minute in my eerste periode in, toe kom Xaluva my klas met ‘n klaslys binne, hy soek “bunkers”, ek lees vir hom ‘n paar name, “O” sê hy, “that one is in jail!”, ek gaan verder, “weer sê hy “O, that one is going to have a baby,she will only be back next term!”.Net voor pouse het ek my gr.11’s, twee meisies stap my klas dood luiters binne, en hou ‘n sak vol lekkers na my uit, “Please buy one!”, sê hulle!Ek vererg my en jaag hulle uit! Elke nou en dan kom een my klas in om water te vra,en ek jaag hulle!Die periode moet 11:45 eindig, maar om 11:30 is die hele skool al buite,besig om “magwinyas” (vetkoeke) te koop, die klomp in my klas is paniekerig en sê, “Please, Umlungu,let us go,otherwise there’s going to be no more magwinyas for us!”. Ek vat my stoel en gaan sit in die deur,niemand kan verby kom nie, maar by 11:35 is dinge al so chaoties dat ek hulle maar laat gaan!

Vrydag-bedwelmde gevegte

Die skool begin heel normaal,die predikant preek net te lank!So om en by 10 vm breek die hel los op die 2de verdieping, twee seuns is in ‘n geveg, die skool storm uit,die op die 2de verdieping gil af en die op die grond vloer gil op! Die een adjunk beweeg op die grond vloer om te kyk wat aangaan, soos hy loop hardloop die kinders terug in die klas en soos hy verbygaan storm hulle weer uit! Ek gryp ‘n besemstok en gaan kyk wat aangaan! Twee juffrouens is klaar daar, een seun het trane in sy oë,maar hy lyk ver weg,die ander een wat wegloop sê net, “intsango!”, (dagga!) Die kind is halsstarrig toe die juffrou hom kantoor toe vat,ek help hom ‘n bietjie aan en hy is ongeskik,nog ‘n stamp en hy beweeg! Ons kry hom by die kantoor,maar hy is dik gerook! Hy word uitgevra, hy moes sy foon “pand” vir R 50 om dagga te koop, later wou hy sy foon terug hê, maar die ander seun wat die R 50 moes betaal het geweier, en toe die geveg! Ek raai hulle aan om die polisie in te kry, want die hoof het lankal beheer oor die skool verloor!

Ons het 1 nm ‘n rugby vergadering, die Mzwandile Mali toernooi word bespreek! Ons begin 1:20, en nog skole daag op, naderhand 10. Dit is veronderstel om net ‘n trekking te wees, maar baie vrae word gevra, die een na die ander en die antwoorde is langdradig! Uiteindelik is dit om 3:10 klaar, ek wil loop , nee, komitee vergadering en die gaan aan to 3:40, ek is gatvol daar weg! By die stopstraat staan ‘n taxi net links verby dit, ek kan nie sien wat aankom nie en ry, skielik is ‘n munisipale kar op my met ‘n helse spoed in ‘n 50 km area en van regs kom ‘n kar ook met ‘n helse spoed, ek slaan remme aan enhulle snel verby en ek vloek die têksie! Ek kom so voor 4 nm by die huis aan, met ‘n omgekrapte vrou wat my inwag….!

Omgekeerde rassisme en ‘n slak!

WEEK 4

Blou Maandag

Hier gekom is alles deurmekaar! Baie kinders en onderwysers staan reg om na ‘n atletiek byeenkoms te gaan, en niemand behalwe hulle weet daarvan nie! By dit is daar ‘n nuwe rooster en die meeste kinders het dit nog nie gekry nie, en die wat dit wel gekry het weet nie op watter dag ons is nie! So hulle staan buite en geniet die chaos! Mollie kom vertel van die meisie wat ‘n sigaret hier op die skoolgrond aansteek en ewe kordaat die hele skool vol stap! Kenny sê sy was nou die dag so vol grappe en ons vermoed nou dat sy heel moontlik ook dagga gebruik! Van die onderwysers is woedend oor hulle nuwe roosters, Gail het 45 uit 48 periodes met party klasse met 50 kinders! Sy het eers 6 klasse gehad, dus geen af periods nie,toe sy gaan kla gooi hulle twee klasse bymekaar om haar “las” ligter te maak,maar nou is die klasse nog groter! Gail sê reguit vir hulle at sy haar deur ‘n dokter gaan laat afboek, so kan ‘n mens nie skool hou nie! Ek kry ‘n oproep van Saru,Nico Serfontein die ontwikkelings beampte wil met my praat! Als gaan oor die identifissering van swart talent op o/14,15 en 16 vlak en om hulle op ‘n sisteem te plaaas waar hulle gemonitor kan word. Hy sê die sisteem kos meer as R 800 000 en hulle sal ons daarmee voorsien om die kinders se vordering dop te hou! Hy wil die kinders egter in ‘n voormalige model c skool hê waar hulle top klas rugby kan speel en ek laat weet on middellik vir James van Linkside, ek sal soontoe skuif en die hele program daarvandaan bestuur!

DINSDAG-Nuwe “temporary-permanent time table!

Die verkeer staan skooltoe vanoggend en ek kom eers 7:50 hier aan.Ek gaan klas toe, my gr.8 ‘s is daar en ek begin met die klas, daarna is dit 8 “c”, maar hulle het nie handboeke nie, ek gaan kantoor toe om foto kopieë te maak om vir hulle te gee, maar daar staan ‘n tou onderwysers, die een adjunk keer my voor in die gang, sy wil ‘n verslag hê oor die vordering van die matriek Engels onderwysers, ek gaan na die rekenaar om dit te doen (daar is net een rekenaar waarop die onderwysers kan werk en hulle werk “print”) maar daar sit ‘n onderwyser en nog een sit sy kans en afwag, so ek gee maar weer op en loop! Die sekretaresse roep my, “here is a new time table!”, sê sy en wys my die klomp wat daar lê. Ek sê, “Another temporary-permanent one?”, en sy beam dit! Nog chaos wag!

WOENSDAG

Die nuwe, “permanent-temporary time table” het almal deurmekaar,baie onderwysers weet nie daarvan nie en die meeste kinders ook nie! So, die kinders wat uiteindelik by my opdaag, het nie hulle boeke by hulle nie, ander daag glad nie op nie,nog ‘n dag gemors!

DONDERDAG

Die verkeer staan weer vanoggend en die taxis maak soos hulle wil!! Daar is vroeg oggend ‘n bakleiery in Mhotwana se klas, maar hy is afwesig! Twee seuns raak handgemeen en die messe kom uit. Ek is die graadhoof en moet dit uitsorteer (hier werk dinge anders) die ouers word geroep, en glo my, more word daai kinders van ‘n kant af gebliksem en dit is die einde van hulle nonsense! Hier staan vroeg oggend ‘n groot trok op doe skoolgrond, iemand moet teken vir die aflewering, maar teen 8 vm is die hoof en adjunkte nog nie hier nie, so teen 8:10, net voor die mense wil ry, kom die hoof by die skool aan! Elke kind gaan ‘n skool tas kry en Xaluva gaan van klas tot klas en deel dit uit!

Kinders kom kla by my, Xaluva moet Sosiale wetenskap gee, maar hy weet niks daarvan af nie! Hulle wil hê dat ek hulle moet help.maar my rooster is ook vol! Ek gaan vra hom wat aangaan en hy antwoord dat hy dit ook maar per ongeluk gehoor het! Graad 8’s kom kla by my oor Mhotwana, hy skryf gr. 9 vraestelle en memo’s op die bord en verduidelik niks nie! Toe die kinders nie boeke by hulle het nie moes elkeen as “straf” R 2 vir hom gee! Hulle is kwaad want hulle weet hy gaan dit by die sjebien uitdrink! Hulle kla dat hy net ‘n kort ruk klas gee, en dan net sê, “class dismissed!”, al is dit net die helfte van die periode!

VRYDAG

Ek begin met oggend byeenkoms vir die kinders,dan neem die onderwysers oor, ‘n nuwe Sr word aangewys, dit vat lank, die Sr voorsitter en al die ander voorsitters kry spreek beurte!Die dag verloop rustig,maar teen die laaste twee periodes is dinge chaoties,kinders is orals buite, die onderwysers sit by die seketaresse en ander is al weg! Ek kry ‘n oproep van Standard Bank, “Where are you for our meeting?”, vra die stem aan die ander kant, “What meeting?” vra ek, net om te hoor ek moet met borge vergader! Ek is onmiddellik oppad (die laaste wat ek gehoor het is dat die vergadering op die 27 ste is?) Sy sê dis by die hoofkantoor van die bank,daar gekom, weet hulle nie van wie ek praat nie! Ek moet Ring Road,Greenacres toe gaan, daar gekom weet hulle ook nie van my nie, ek bel die vrou, “I am at the main branch”, sê sy, maar ek was nou net daar, weer terug en kry haar uiteindelik. Ons vergader en sy praat van R 170 000 van die Bank en Lincoln gaan R 150 000 indruk, die wen prys is R 50 000 en tweede prys R 25 000. Ek is bang dit gaan ‘n verneukery afgee en vra dat dit eerder koopbewyse (vouchers) moet wees,maar Lincoln hou voet by stuk, “cash!”.Ek maak 3 nm klaar en gaan huistoe na ‘n kwaai vrou!

MAANDAG

Die verkeersligte werk nie naby my huis en daar is chaos,ek moet ‘n ander pad ry en kom net voor 8 vm by die skool..Die hoof lyk benoud,die Smt moet vergader, (blykbaar moes ons ‘n vergadering met die nuwe waarnemende Distriks Direkteur laas week bygewoon het,) Ek vra waaroor dit gegaan het, en die adjunk sê dit gaan oor die kinders wat laat kom asook prinsipale wat laat is en sê, “This is my school!”, dan doen sy net wat sy wil? Die adjunk sê dat Hlekani (nuwe Distriks hoof) in sy spoor sal moet trap, want die unies gaan nie die intimidasie vat nie, hulle gaan net vra. “Who put you there? Us, who will remove you,us!”, onwerklik. Die hoof wil die Smt 1 nm sien en ‘n vergadering met die personeel more hou.

DINSDAG-Stadig praat

Die hoof is vroeg hier en ek hoor die department wil ons 7:40 hier hê, van die onderwysers sê dat die department nie hier moet inmeng nie! Mollie vertel van haar klas, die kinders sê sy moet stadig praat anders verstaan hulle haar nie!

WOENSDAG

Daar is ‘n personeel vergadring vandag om 1 nm. Die hoof kom 7:50 by die skool aan en teken in, sy sien my en vra,”Umlungu,where is your pink pen?”. en hou haar hand uit na my ! (Die pienk pen het ek in 2007, toe ek as hoof waargeneem het,gebruik om mense wat laatkom te merk!) Sy wil nou optree,maar daar sal niks van kom nie! In 2007 het ek die onderwysers aangegee, die department het met groot lawaai by my aangekom en die inteken boek saam met hulle gevat, “We will act against these latecomers!”, (party van hulle ook vir meer as 40 dae afwesig!)het Kani (edo) gesê. Nou ja, nodeloos om te sê,dit is 8 jaar later en niks is gedoen nie! Die dag is maar weer chaoties,elke nou en dan stap ‘n kind my klas doodluiters binne om water te kom drink, en moet ek hom verjaag, dan is daar die spul wat ook aanhoudend my deur oopmaak en ‘n aanmerking skree en verdwyn! Nou groepeer hulle ook buite my klas,voor my venster,en raas! Water is al uitweg! Ek maak ‘n koppie vol en gooi hulle, dan gaan raas hulle op ‘n ander plek!

Daar sou ‘n personeel vergadering gewees het, maar ek hoor per ongeluk by een van ons onderwysers dat dit uitgestel is na more! Ek kry wel later ‘n omsendbrief wat my na ‘n smt vergadering om 1:30 ontbied! Daar gekom is daar eers ‘n groot geraas in die sekretaresse se kantoor,twee gr.8’s staan daar met trane in hulle oë, en ‘n groot mes lê op die sekretaresse se tafel,die een wou die ander daarmee steek, en nou word daar op hulle geskel,hulle moet hulle ouers more bring! Ons vergadering begin uiteindelik so 1:40. Die hoof het verskillende papiere voor haar en raak deurmekaar daarmee, en lees nie die goed in volgorde nie,baie gaan maar oor onderwysers wat af siek, dood of net weg is. Die department wil weet (vir die hoeveelste keer) wie dit is en waarom hulle af is? Dan praat sy van “sanctioned” en “unsanctioned” meetings. Die dat begrafnisse en vergaderings in skooltyd gehou word, en take wat nie ingehandig word nie is “unsanctioned”, en unie vergaderings is “sanctioned”.Die department wil weet hoekom daar chaos in die skool is,watter onderwysers is nie in hulle klasse nie,hulle moet aangegee word, en hulle wil ook weet wie bank klasse . Hulle wil ‘n sms sisteem gebruik om die ouers in te lig as die kinders stout is! Die hoof sê haar kind is in Westering en sy kry gereeld sms’e as sy werk nie gedoen is nie! Die hoof doen nie haar werk nie en gee alles net so vir die department aan, sy is die oorsaak van die chaos!

DONDERDAG-New temporary-permanent time table

Die hoof is al 7:30 hier, ek wonder hoe lanksk sy dit gaan uithou! Dit is maar weer chaoties,kinders lê buite rond, Sitsholi, Mhotwana, Zokufa en Naki is nie by die skool nie! Ons hoor dat daar ‘n personeel vergadering om 1 nm sal wees! Die skool strompel chaoties voort tot by 1 nm, en die vergadering begin uitendelik om 1:20. Die hoof gaan aan oor onderwysers wat laat is of hier is,maar nie in die klas is nie,hulle gaan aangegee word by die department, “hoekom het ons dan ‘n hoof?”, dink ek, sy wil geen verantwoordelikheid neem nie!” Die vergadering sukkel voort, Mhotwana sit en koerant lees en ander onderwysers is besig op hulle selfone!Nou en dan gaan ‘n selfoon af en die een praat saggies daarop of gaan na buite en antwoord dit! Die adjunk handig die nuutste “temporary permanent time table” uit,maar daar is groot fout,hy moes vir die Verbruikers studie onderwyseres dubbel periodes gegee het,maar nou vir almal per ongeluk dubbeles gegee, ons wys hom op sy fout en hy neem alles terug, ons kry more weer ‘n nuwe “permanent temporary time table!”.Ek gaan uit vir rugby oefening, Danie Gerber is klaar besig met die kinders. By die werkswinkels langs die rugby veld word meubels afgelewer. En daar is sowat 15 werkers, toe hulle agterkom dit is Danie op die veld, storm hulle die veld,hulle wil fotos en handtekeninge hê! Danie is ‘n goeie ou, en hy staan geduldig vir die foto’s terwyl almal om hom saam drom!

Vrydag

Die hoof is vroeg hier en lui net klokke met sowat 10 onderwysers hier om 8 vm! Kinders kom in met bakke en plastiek sakke vol tjips en muffins om te verkoop. Terwyl ek nog klas gee kom staan een by my deur en wys die pakkies vir die kinders,van hulle wil opvlieg om te koop, ek raak woedend en bestorm die verkoper met ‘n plank en sy kies die hasepad, vir eers! Xolisa Mali daag op (organiseerder van Mali toernooi) ek moet eers uit die klas om reëlings met hom te bespreek, dit klink of Volkswagen ook mede borg van die toernooi sal wees, en hulle belowe my ‘n kombi of kar!!!

Maandag

Die verkeer is erg, en almal is laat! Ons kry weer ‘n nuwe,”temporary-permanent time table!”, en dit lei weer tot chaos,die kinders het die verkeerde boeke en ander het nie die nuwe rooster nie! Ek kry ‘n oproep van Xolisa Mali, vergadering by Thamsanqa om 11 vm oor hulle toernooi.Daar gekom, sien ek die president van OP Skole, Willem October, die kinders sê hy het baie oor my te sê gehad laas Vrydag, ek loop hom tromp-op en vra hom of hy sekere dinge van my gesê het,maar lafaard soos hy is,ontken hy alles! Xolisa die prysgeld is R 50 000 vir die wenner,en almal is opgewonde,hy waarsku hulle om nie klub spelers in hulle spanne te sit nie! Ek gaan om 12 nm weer terug skool toe,die hoof is by die department,die blok is warm! Sy kom later terug,ek het dokumente wat gesertifiseer moet word,maar sy hardloop buite rond met haar rottang en jaag kinders klas toe! In die kantoor is die onderwysers besig om ‘n omsendbrief van Sadtu te lees,”Mass meeting tomorrow at 12”, lees dit!

Dinsdag

Ons is vroeg hier,dit reën buite en die meeste kinders is in die klas. Tien onderwysers is afwesig vandag en dit is chaoties buite! Ek het die gr.8’s, drie kom so 10 minute laat die klas in, en ek roep hulle nader,hulle vrot van die rook en ek verwilder hulle my klas uit! Hier is chaos na pouse,min onderwysers is oor,baie of huistoe of na die Sadtu vergadering!

Warm Woensdag

Dit is baie bedompig en baie onderwysers is afwesig,met die gevolg dat baie kinders buite rond hang! Hulle raas by my klaskamer vensters,skree elke nou en dan by die vensters in en elke nou en dan is een by die deur en maak geluide of ander stap net eenvoudig in om water te kom haal! Die oplossing, ek maak ‘n koppie vol water en elkeen wat in loer kry dit in die gesig, en so word die probleem opgelos.Die gr. 8 klasse is groot, 45+, en dit is sieldodend om die selfde les vyf keer op een dag te herhaal, my stem gaan naderhand,want in Geskiedenids praat jy aanhoudend! ‘n Onderwyser loer in en vra of ek gehoor het dat Sadtu wil staak vir ‘n goeie verhoging? “Nee”, sê ek, ek weet nie daarvan nie!

Op die nuus gisteraand was daar ‘n berig oor kwotas en transformasie en Saru bel my daaroor,ons moet plan maak!

Daar is ‘n groot bek-geveg tussen twee onderwysers,die een die adjunk en die ander, Me.Sa hoopvol,Zokufa! Sy gaan kla omdat sy 10 klasse het,sy is ‘n gekwalifiseerde Xhosa en Wiskunde onderwyser, maar sy kry Creative Arts vir grade 8 en 9. Die adjunk is arrogant en sy hy kan doen wat hy wil, sy antwoord hom en sê, “I know how you got into this post!, I was the secretary!”, dan vertel sy hoe sy hom die hoof saam betrap het waar sy hom deur al die vrae geneem het en presies vertel het hoe om dit te beantwoord! Toe die onderhoud kom het hy al die vrae baie goed beantwoord! Koza loop rond,hy het 11 klasse, hy is ‘n gekwalifiseerde Skeinat en Engels onderwyser,maar hy gee LO! Xaluva is ‘n gekwalifiseerde Xhosa onderwyser,maar hy het Tegnologie en Geskiedenis,niks maak meer sin nie!

Een van die kinders kom met ‘n slak die skool in en almal hardloop weg, ek neem die slak af en hou hom in my klas, enige een wat raas of nie sy werk doen nie,word met die slak gedreig, dit is ongelooflik, die hele spul werk saam,dit oor ‘n slak!!!

Omgekeerde rassisme?

Die een adjunk,Jafta,kom my klas laat binne (1:40), “One of your English teachers must go to a meeting at Algoa at 2:30 today!”, sê sy, ek vra vir haar of sy kan sien ek is besig, ses uit ses periods vandag? Sy gaan net aan,ek moet my klas verlaat en een vra om te gaan! Intussen raas die kinders en sy skel hulle. Sy wil weet hoekom swart kinders hulle self nie kan gedra nie en vra my om verskoning omdat sy “rassisties” is? Ek moes net lag!Ek gaan uiteindelik en kry gelukkig een wat bbereid is om te gaan!

Donderdag-diefstal

Ons soek die inteken register, maar die is weg,seker gesteel! Die hoof maak grappies daaroor en blameer die mense wat so baie van die skool af weg bly daarvoor! Later het ek ‘n vergadering in pouse tyd, ‘n graad vergadering, laat kom is op die agenda, en Xaluva stel voor dat elke laat kommer twee houe kry, en as ons aangegee word, moet ons daai een teiken! Die een juffrou praat oor laat kommery en kinders wat nie hulle werk ingee nie, sy sê, “Excuse me for being racist, but why are black parents not doing anything for their children?”.Sy was ook geforseer om Ekonomie te gee, ‘n vak waarvoor sy nie gekwalifiseerd is nie, sy vra toe die ouers om iets daaromtrent te doen,maar niks gebeur nie! Sy is toe maar hoof toe oor die probleem! Xaluva kla omdat hy Geskiedenis moet gee en sê hy is nie daarvoor gekwalifiseerd nie!